Natural Blessings-'n Dollopie dit en 'n dollopie dat

Natural Blessings-'n Dollopie dit en 'n dollopie dat

  • Shipping given when order is placed is for POSTNET 2 POSTNET
  • Free delivery in Vanderbijlpark


  • Die proses




Kruie uit my tuin word gedroog en dan verweef ek die olyf olie, druifsaad olie, avokado olie en/of klapper olie vir 1-2 maande.  So af en toe

roer en squish ek die kruie om al die kruie molekule skatte los te laat. Op die oomblik het ek Roosmaryn, Margaret Roberts en Franse Laventel, Pepermint, Gewone tiemie, Suurlemoen tiemie, Roos Geranium, Origanum en Lemon verbena in my tuin.  Ons werk aan nog opsies, he he.


Soos ek meer leer verander die dollopie kombinasies om die beste resultate te verkry.  Van die olies het ek nou verweef met appelskille.  Appels is hoog in verkeie vitamienes en minerale, bv. Vitamien C wat kollageen produksie ondersteun en sodoene die vel se elastisiteit te bevorder en jou jonger te laat lyk.  Appels bevog ook die vel en kan help met vel kondisies soos aknee, pigmentasie en ekseem.  Nog 'n interressante brokkie inligting is dat appels koper bevat wat beskerming bied teen UV strale.  


Nou ja al wat ek sê, is ek speel lekker en ek lief dit!! ha ha



Die produkte wat ek gebruik is rou of so min as moontlik verwerk.  Die byewas en heuning is van heuning boere hier in Vanderbijlaprk.  




Die verweefde olie word gefilter.  Soms val so dollopie of twee kruie deur en sal jul dit in die produk kry, dit is 'n stempel van egtheid. he he 



  

Alles word oor lae hitte gesmelt en gemeng.





Oe en dan word die essentiële olies bygevoeg!!  Hmmmm my kombuis ruik altyd so lekker!

5ml-10ml van 1 soort essentiële olie word by elke bondel bestandele gevoeg. Die volgende olies word gebruik vir hul wonderlike uitwerking op die vel:

1.  Neem olie

Verwyder donker vlekke, bevorder kollageen produksie wat plooie verminder, beskerm teen vry radikale, bevorder genesing en litteken sigbaarheid, help met aknee vermindering, veg vel infeksies en verminder swartkoppies.

2. Laventel

Voordeling in die behandeling van aknee, plooie en vlekke, dit verminder ook litteken sigbaarheid en dit het antiseptiese eienskappe.

3. Roosmaryn 

Verbeter sirkulasie, behandeling van ekseem, aknee en geblokte porieë, verminder plooie, verminder olierigheid, verminder kringe onder die oë en verminder inflammasie.

4. Roos mengsel

Dit ruik heerlik, is antibakterieël, anti-inflammatories, bevorder kollageen produksie en verminder plooie, bevogtig vel, beveg aknee en bevorder bloed sirkulasie.




Die potjies word gevul en laat staan tot hul gestol het.  Partykeer gaan jou potjie 'n dollopie of twee meer hê, maar NOOIT minder as 8/16 of 130g nie!.  Ek weeg hul na die tyd om seker te maak.  


Ek hoop jul geniet die room so baie soos ek!! My 130g pot hou my net so bietjie langer as 'n maand.  Ek gebruik dit 2 x per dag op my gesig en op my lyf nadat ek gestort het.  Ek stort 99% van die tyd net 1x per dag en het so af en toe 'n "varkie" dag! Ha ha dis wat my goeie vriendin Eunice dit noem as haar kroos nie gebad het nie, he he.  


Geniet dit!

Groete

Lindie



Refine Search